Vakansie Zen

Scan 28.01.2014

Vra jouself bietjie af, hoe hou jy vakansie?

Is jy gewoont aan ‘n sekere tipe mens wat om jou is, soos ‘n gemeenskap waar daardie groep mense, maak nie saak hoe verskillend, tog ‘n sekere gevoel afskei. Dis die ‘vibe’ van ‘n plek. Ons jong mense gebruik graag die woord ‘vibe’. So met ‘vibe’ sal ek nou meen die algehele omvattende gevoel van ‘n plek, sy mense, sy energie. Nou die algemene ‘vibe’ wat ek van ons land kry is dat vakansie defnitief ‘n sosiale instelling hier is.  Suid-Afrikaners is plesierig dan nie?

Somtyds maak ‘n plek ‘n mens angstig, soms bedruk, ongemaklik of die verkeerde tipe kriewelrig. Dan kry jy ook weer daai plekke wat jou rustig maak, tevrede, kalm en gelukkig. Nou dis mos die tipe vakansie gevoel wat ‘n mens soek. Ek was nou die dag weer herinner aan die Japanese kuns van Feng-shui. Waarskynlik beklemtoon Feng-shui dat ‘n mens aan die begin van ‘n jaar jou huis moet omverwerp en goed rondskuif om die oudhede tot rus te laat en die nuwe jaar met ‘n vars gees aan te pak. Glo vir geestesgesondheid se hulle.  In nadenking oor die vakansie wat nou verby is besef ek dat ek die kruks in feng shui se beklemtoning op verandering raakgesien het. Ek het dit nou al ‘n persoonlike instelling gemaak, eintlik heel onbeuwstelik, dat ek die jaar as ‘n vernuwe mens MOET  ingaan. Meestal vind die vernuwing plaas oor nuwe jaarsaand. Ek het nou al so gewoont geraak daaraan dat ek elke nuwejaarsaand op ‘n ander plek moet wees, ek kan letterlik nie die nuwejaarsaand op laas nuwejaarsaand se plek spandeer nie. Is Feng shui nie dalk meer deel van menslike natuur as Japenese kultuur nie, droom elkeen van ons nie tog van ‘n plek wat ons gees kan herstel elke keer wat ons laf gewerk is na ‘n woelige jaar in die stad nie? Vroeg in Desember se almal mos,”Nee hiernatoe” en “ja, daarnatoe”. Nugter weet ook dan waarnatoe. Dis later net  die kant toe met ‘n ‘cruise ship’ en seintoe vlie’ oppie watse tuig ookal. Skoon net van wil wegkom.

Die nuwe jaar is nou al sterk aan die gang. Hopelik het jy jou aftydjie darem geniet, maar oh jinne verbeel jou dit was ‘n mislukking, watter tragedie sou dit nou nie gewees het nie. So iets sou my uiters teleurstel. Verbeel jou net jy het die jaar begin maar niks voel nuut nie, dis net die getal 4 wat 3 vervang het. So hoe kan jy seker maak dat jy die spesiale jaarlikse landstilte naamlik Desember Vakansie elke jaar tot sy uiterste benut? Dis so ‘n kort tydjie vir werkendes dat die druk om die tyd ten volle te geniet soms te veel is. Ja, is dit nie immers die hoof onstaan van daai welbekende familie fetes nie? Dalk omdat almal ewe gretigheid is om die tydjie voluit te geniet. Dit voel vir my soms asof elkeen op ‘n missie is om sy ‘zen’ plekkie te kry voor die nuwe jaar begin.

Ek glo in gesondheid in diversiteit. So vir my bly Suid-Afrika die beste. Verbeel jou elke Desember vakansie verlaat jy jou huis, jou provinsie, jou taal – en dis nie eens na ‘n ander kontinent nie, dis net hier in jou agterplaas soos hulle se, want so is Suid Afrika mos. Verbeel jou hoeveel meer jy van ons land se mense kan uitvind, hoeveel meer jy van almal se ooreenkomste te wete kan kom en dan natuurlik so dan ook sien presies hoe anders almal vakansie hou.

‘n Tikkie verbeelding het tog nog nooit niemand seergemaak nie. 

Laat ek jou nou se, om daai gevoel elke keer se ding te maak is eenvoudiger as wat jy dink, geen gevlieg of geboot. Elke keer dat ek daai vasgestelde vakansie plekkie van my verlaat het dan sien ek hoeveel anderseit daar in die desembervakansielug is as net die warm skemerlug wat Stilbaai vir so baie Afrikaners die plek maak. Dit is nie net Japan wat die kuns van zen kan ken nie. Ek besef al hoe meer hoe belangrik dit is dat ons Suid-Afrikaners vakansie nie net as ‘n tyd vir pure plesier moet ag nie, nee – ons moet beweeg, ons moet verken; die mense. die plekke, die tale en die verhale van die mense van hierdie diverse land van ons. Jy moet net daai kaart in jou kop wat jou voortdurend na al dieselfde plekke lei so ‘n bietjie omver werp.

So is ek en vriende en vreemdes na Transkei in Desember. Sommer so kort kort skiet ons deur vir seker so 5 dae. Vanaf Kaapstad na Stilbaai, Stilbaai na Mandela Baai/Port Elizabeth en van daar na Koffie Baai. Elke keer bel ons net voor ons ons bestemming benader en vat maar waarookal ons kon slaapplek kry. Ons en ons tentjies was deur wind en water, maar staan het hulle gestaan. Die klammigheid het elkgeval als nat gehou, maar sodra die son net weer eendag sy kop gelig het dan rek die glimlae weer in ons wange. Dit was ‘n avontuur in die natuur sowel as die gery en die mense ontmoet.

Whole in the wall upld

Na ‘n 4 uur lange stap vanaf Coffee baai oor seker 14 groot groen heuwels het ons uiteindelik by Hole in The Wall aangekom. Met geen kamera het ek besluit om die ‘Lost World’-agtige landskap in ‘n tekening vas te vang.

Ja, die Oos-Kaapenaars is baie anders as ons Kaapenaars, hulle het ‘n hele ander ‘vibe’. Tog voel ek dit was defnitief ‘n goeie idee om te gaan. Soos jy die nou ‘pothole’ gevulde paadjie vanaf Umtata in na Coffee Baai vat, word jy een van die gelukkiges wat die groen fluweelagtige heuwels se tydlose grasie en eenvoud ervaar, so ook weerspieel in die mense van daar se leefwyse.  Soos die alomteenwoordigende kalmte wat aan jou lyf klou is dit asof daar ‘n salige tevredenheid met die warm seelug die valleie bedek. Soos geen ander gee die plek my die gevoel van ‘n diepe tevredenheid wat ware rus vir my siel gee.

Ek is nou wel bewus dat dit nie vir almal soos die droom klink wat dit vir my is nie. So baie andersgeid, verskille en teenoorgesteldes dalk, maar ek se, altyd maar altyd sal daar ooreenkomste wees. Jy ontmoet iemand wat kom van wie weet ookal waar, maar so praat en praat die tafel rond en bont en hierts, kan jy nou meer, ‘n ooreenkoms spring hom soms uit ‘n heel vreemde plek. Dalk net ‘n gevoel, ‘n gedagte of die gemoed waarin julle op die oomblik is maak jou en die vreemdeling mekaar verstaan. Daars altyd iets voel ek wat ‘n mens met iemand in gemeen sal he.

So sien ek die nuwe mense ontmoet ding as ‘n tipe feng-shui metode. Om so jou kop te draai net om ‘n verskil tussen jou en haar of hom te sien is so feng-shui soos kan kom ja! Dis tog ‘n verskuiwing van jou breinplate se ek amper. En breinplate moet mos so elke nou en dan so effens verskuif word anders lyk dit later nes daai karre wat by die see staan, vasgeroes in een blik. So is die jare ook. Hoe kan jy verwag om 2014 anders te ervaar as 2013 as jy niks daarbo verander nie. Die breinplate moet ook asemhaal. Skuif bietjie jou gedagtes rond, haal bietjie asem, dis okay as jy nou nie die vakansie wat verby is jou zenpunt gekry het nie, maar dis nooit te laat nie. Komaan! Sien sommer die hele 2014 as tyd vir vernuwing, dit is tog al 20 jaar vanaf 1994, die sterre staan reg, die is ‘n goeie jaar om jou zenpunt te vind.

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply